Meer as R4000, asook ‘n verlofdag, was nodig vir ‘n oud-Bloemfonteiner om Saterdag in Pole, aan Suid-Afrika se algemene verkiesing deel te neem. Die 27-jarige onderwyser, sê aan Rosestad-nuus, sy en nog ‘n kollega van Suid-Afrika, het 300 kilometer per trein na die stemlokaal in Warskou afgelê. Hoewel die een-een-stemmery
in ‘n klein, vaal kantoortjie vlot verloop het, is dit die gebruiklike stemdag-samehorigheid op verkiesingsdag in Suid-Afrika, wat vir hulle ‘n groot gemis was.
Nagenoeg 78 000 Suid-Afrikaanse kiesers, wat vooraf geregistreer het om in die buiteland te stem, kon die afgelope naweek hulle kruisies by eenhonderd-en-elf stempunte regoor die wêreld trek. Die aantal stemme wat in die buiteland uitgebring is, sal eers bekend wees wanneer alle stempersentasies, na afloop van 29 Mei se verkiesing bekend gemaak word.