Meer as 27-duisend mense het tydens die feestyd probeer om die land onwettig binne te sluip. Dr Mike Masiapato, kommissaris van die nuwe Grensbestuursowerheid, of GBO, het gister gesê dit sluit mense met ongeldige paspoorte, bedrieglike visums en internasionale misdadigers op interpol se rooilys in. Masiapato het volgens Netwerk 24 gesê almal is na hulle lande van herkoms gedeporteer.
Die operasies het van 6 Desember verlede jaar tot 18 Januarie vanjaar geduur. Die GBO fasiliteer alle bewegings van mense en goedere by Suid-Afrika se 52 grensposte, tien internasionale hawens en nege see-hawens. Die meeste mense wat onwettig die land probeer binnekom het, was by die Lebombo-grenspos met Mosambiek en die Beitbrug-grenspos met Zimbabwe.