Dit gaan glad nie goed met die sanger Rudi Claase se gesondheid nie. Claase skryf in ‘n Facebook-plasing dat hy lewensbedreigende dermversaking het. Die inskrywing lui voorts dat hy na verwagting nog ‘n maand lank in die hospitaal sal moet wees, en nog ‘n operasie sal moet ondergaan.

Claase se vrou Suzette het aan Netwerk24 verduidelik haar man se blindederm is as kind verwyder, en dat sy derms skynbaar destyds verstrengel geraak het. Sy sê Rudi is vanaf Oktober tot Januarie in die hospitaal vir dermprobleme behandel. Gedurende hierdie tyd, toe ‘n gedeelte van sy dermkanaal verwyder is, was hy vir 24 dae aan ‘n ventilator gekoppel, en het hy 25 kilogram verloor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×