Desiree Liebenberg se borgtogaansoek is in die Bronkhorst-landdroshof geweier omdat sy as ’n vlugrisiko beskou word.

Daily Maverick berig dat sy en haar man, die diamanthandelaar Louis Liebenberg, saam met sewe ander beskuldigdes tereg staan op aanklagte van bedrog, rampokkery en geldwassery.

LEES MEER: Getuie onttrek weens ongeruimthede aan Liebenberg-sage

Die aanklagte spruit uit ’n beweerde R4-miljard-diamant-Ponzi-skema wat deur Tariomix, ook bekend as Forever Diamonds and Gold, bedryf is.

Intussen sal Louis Liebenberg op 25 November 2024 sy borgtogaansoek aanhoor.

LEES MEER: Winste van Liebenberg-diamantskema moet moontlik terug betaal word

Volgens die staat het Desiree versuim om ’n vaste adres of bankstate te verskaf.

Sy word ook as ’n vlugrisiko beskou met toegang tot R200-miljoen wat haar man glo weggesteek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×