Desmond Tutu sê hy is bereid om teen die coronavirus ingeënt te word

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu sê hy is bereid om teen die coronavirus ingeënt te word, sodra entstowwe in Suid-Afrika beskikbaar is.
In ‘n verklaring deur die Desmond en Leah Tutu-stigting sê hulle hoe meer mense teen die virus ingeënt
word, hoe vinniger kan hulle beskerm word.
Tutu doen verder ‘n beroep op Suid-Afrikaners om ingeënt te word.
Hy sê enstowwe gebruik die liggaam se natuurlike verdedigingstelsel om weerstand teen infeksies op te bou.
Hy voer verder aan dat dit ‘n eenvoudige, veilige en doeltreffende manier is om mense teen aansteeklike siektes te beskerm.

Luister na potgooie hieronder