Die 17-jarige seun wat teregstaan vir die moord op Deveney Nel, het glo gehelp om na haar te soek, toe sy op 7 Augustus nêrens te vinde was nie. Die 16-jarige Nel se bebloede liggaam is later in ‘n stoorkamer op die skoolgrond van die Hoërskool Overberg gevind.

Newskoop berig die moordbeskuldigde se graad-11-klasmaats sê is hy iemand wat gedurig grappe maak, en wat goed vaar op skool. Aangesien hy minderjarig is, word die beskuldigde se naam kragtens die Strafproseswet weerhou.

Hy is na ‘n plek van veiligheid gebring nadat hy gister in die landdroshof op Caledon verskyn het. Hy sal na verwagting weer aanstaande maand in die hof wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×