Die 17-jarige seun wat in verband met die moord op Deveney Nel in hegtenis geneem is, was luidens gerugte aan die slagoffer bekend. Times Live berig ‘n leerling van die Hoërskool Overberg is Vrydag na afloop van Nel se troosdiens vir ondervraging ingeneem.

Hy is vroeg Saterdagoggend deur die Wes-Kaapse polisie vir haar moord in hegtenis geneem. Die liggaam van die 16-jarige Nel is op 7 Augustus in ‘n stoorkamer by die Hoërskool Overberg gevind. Polisie-brigadier Novela Potelwa, sê die graad-11-leerling word van moord aangekla. Hy verskyn na verwagting vandag in die landdroshof op Caledon.

error: Inhoud is beskerm !!