Devon Hofmeyr, ‘n direkteur van die Bittereinders-beweging en twee politieke aktiviste, Willem Petzer en Tewie Wessels, het Maandagoggend in die hof op Groblersdal in Limpopo verskyn in verband met ‘n betoging twee weke gelede tydens die sogenaamde Groblersdal-twee saak.

Hulle saak word gevoeg by die van Francois van der Merwe, wat van aanhitsing tot geweld aangekla word. Maroela Media berig Petzer is bekend vir sy kritiek teen die Suid-Afrikaanse polisie en dat hy ook gereeld werk om fondse in te samel vir verskeie hofsake teen Afrikaanse boere.

Die twee beskuldigdes in die Groblersdal-saak, 63-jarige Piet Groenewald en die 27-jarige Stephan Greeff verskyn ook vandag in die hof. Die twee het na bewering n werker aangerand en ʼn hond op hom losgelaat.  Sowat ‘n honderd betogers het twee weke gelede op die dorp toegesak met die Transvaalse Vierkleur om die twee verdagtes se vrylating te eis. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×