Watervoorsiening aan Dewetsdorp, Wepener en sekere dele van Bloemfontein, word tans deur opdrifsels in die Caledonrivier gekniehalter.
Luidens ‘n verklaring van die Mangaung-metro, is hy deur Vaal-sentraal Water, voorheen Bloemwater, in kennis gestel die opdrifsels blokkeer toevoer by die Welbedacht-aanleg.
Die water wat die aanleg wel bereik, is boon-op erg vertroebel. Die Longridge-reservoir se kapasiteit is wel aan die toeneem en dit voorsien stelselmatig water aan die dele wat geraak word.
Hoogliggende gebiede, soos Phelindaba, Rocklands en Caleb Motshabi sal met verdrag van water voorsien word. Inwoners word daaraan herinner dat laagliggende dele eerste water sal ontvang, aangesien dit langer kan neem om na hoërliggende dele gepomp te word.
Vaal-sentraal Water sal die geaffekteerde gebiede van watertenkwaens voorsien, totdat watertoevoer herstel is. Die verklaring dui nie aan hoe lank inwoners vir water in hul krane sal moet wag nie.