Die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg sê sy hart gaan uit na sy onskuldige vrou, Dezzi Liebenberg, omdat sy vandag – haar verjaardag – in die tronk moet vier.

Volgens hom was sy net die laaste drie maande by sy instansie betrokke om te verhoed dat hulle besteel word. Maroela Media berig Louis het in ‘n oproep vanuit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria onder meer by sy beleggers gepleit om te help om sy en Dezzi se regskoste te betaal.

Die Liebenbergs sal die laaste dae van 2024 agter tralies deurbring nadat hulle in Oktober saam met nog sewe ander beskuldigdes in hegtenis geneem is. Luidens die klagstaat was daar in Oktober verlede jaar sowat 40 000 “beleggers” in Liebenberg se sogenaamde diamantpakkieskema en het die algehele beleggingsbedrag R4,5 miljard beloop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×