Die diamanthandelaar Louis Liebenberg en sy vrou, Dezzi, is saam met sewe medebeskuldigdes in die Bronkhorstspruit-landdroshof, oos van Pretoria, aangekla.
SABC-nuus berig die verdagtes is gister en Dinsdag in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem.
LEES MEER: 9de Verdagte inhegtenis gedurende die Liebenberg-saga
Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, diefstal en rampokkery. Ronelle Kleynhans en Helena Schulenburg is elk R20 000 borgtog toegestaan, terwyl Walter Niedinger R100 000 borgtog toegestaan is.
LEES MEER: Omstrede diamantsmous en sy vrou in hegtenis geneem
Die staat het aangedui dat hulle die borgtogaansoeke van die ander ses verdagtes, insluitend Liebenberg en sy vrou, sal teenstaan. Die saak sal volgende week Donderdag weer voortgesit word.
Liebenberg het die volgende aan Jana van der Merwe van Netwerk24 gesê.