Die diamantsmous en vermeende bedrieër, Louis Liebenberg, is in die hooggeregshof in Pretoria finaal gesekwestreer.

Netwerk24 berig die bevel is aan al die betrokke partye uitgereik nadat die beslissing verlede week in die hooggeregshof in Pretoria gemaak is.

LEES MEER: Louis Liebenberg

Die regter het in Januarie bevind die applikante kon voldoende bewyse lewer dat Liebenberg moontlik R144 miljoen van beleggers se geld uitgedobbel het en dat Liebenberg, direkteur van die maatskappy Tariomix, minstens R150 miljoen aan Tariomix skuld.

Tariomix was die kernmaatskappy wat Liebenberg na bewering gebruik het om meer as 44 000 beleggers uit meer as R4 miljard te bedrieg.

error: Inhoud is beskerm !!