Lauren Dickason, wat haar drie dogtertjies in September 2021 versmoor het, het dit uit liefde gedoen het haar regsverteenwoordiger vandag in die hof in Christchurch die verdediging se saak begin stel. Dickason staan tereg op aanklagte van moord op die ses-jarige Liané en die twee-jarige tweeling, Karla en Maya. Sy wou hulle glo nie alleen laat nadat sy haar eie lewe geneem het nie. Anne Toohey het gesê sy het met die moorde voortgegaan en geglo dis die regte ding om te doen al het Liané haar gevra om te stop. Dickason het tydens ‘n video van die polisie gesê sy het Karla eerste doodgemaak omdat sy die stoutste was. Dickason het erken sy het die kinders doodgemaak maar pleit onskuldig op die klag van moord. Die verdediging se verweer is geestesongestelheid of kindermoord as alternatief. Indien sy aan kindermoord skuldig bevind word, sal sy ‘n maksimum van drie-jaar tronkstraf kry volgens Nieu-Seeland se strafreg-stelsel.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×