Lauren Dickason het haar drie dogtertjies uit woede en ‘n behoefte om in beheer te wees, vermoor. Stuff berig die staatsaanklaer, Andre McRae, het vandag tydens slotbetoë gesê Dickason moet ten volle vir haar dade verantwoordelik gehou word. Sy het haar ses-jarige dogter, Liané en die tweeling, Karla en Maya op 16 September met ‘n handdoek versmoor. McRae het gesê depressie het ‘n rol gespeel maar nie tot so ‘n mate dat sy nie kon besef haar optrede is moreel verkeerd nie. Daar was ook belangrike getuienis dat sy van haar nageboorte-depressie herstel het en dat die tweeling haar geirriteer het. Die NZ Herald berig die staat het aangevoer sy moet ten volle vir haar dade verantwoordelik gehou word.

error: Inhoud is beskerm !!