‘n Forensiese psigiater, dr. Erik Monasterio, wat in die Lauren Dickason moordsaak in Nieu-Seeland getuig, is van mening dat sy nie “major depressie” gehad het nie, maar wel net matige depressie. Haar geestestoestand was van so ‘n aard dat sy nie as ontoerekeningsvatbaar gesien kan word ten tye van haar drie dogtertjies se moord nie. Monasterio het Dinsdag vir die staat getuig die verweer van kindermoord kan nie slaag nie omdat Dickason reeds sedert haar kinderjare aan depressie gely het en nie aan nageboorte-depressie nie, luidens die NZ Herald. Monasterio het gesê Dickason was nie waansinnig ten tye van die moorde nie. Hy het tussen Oktober 2021 en April 2022 vier afsonderlike onderhoude met Dickason gevoer. Dickason staan in die hooggeregshof in Christchurch tereg op die moord van haar drie dogtertjies, die ses-jarige Liané en die twee-jarige tweeling, Maya en Karla op 16 September 2021.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×