Lauren Dickason, die Suid-Afrikaanse dokter wat verlede jaar vir die moord op haar drie dogtertjies skuldig bevind is, sal nou eers op 26 Junie in Nieu Seeland gevonnis word. Maroela Media berig die vonnisoplegging is reeds twee keer uitgestel omdat psigiaters nog verslae moet opstel of Dickason as ‘n spesiale pasient aangehou moet word en of sy haar vonnis in die tronk moet uitdien.

‘n Vergadering sal op 20 Maart tussen deskundige getuies plaasvind om kwessies rakende die dispuut te bespreek. Dickason is tans in ‘n psigiatriese eenheid in die Hillmorton-hospitaal vir waarneming. Dickason sal moontlik lewenslange tronkstraf opgelê word, maar dis nie nog nie duidelik of sy haar straf in ‘n gevangenis gaan uitdien nie. Dickason het haar drie dogtertjies, die sesjarige Liane en die tweejarige tweeling, Maya en Karla, in September 2021 versmoor kort nadat sy en haar man, Greame, na die gesin se emigrasie in Nieu Seeland aangekom het. Dickason het in die hof erken sy het die kinders doodgemaak maar aangevoer sy was geestelik ongesteld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×