Lauren Dickason het geglo die drie dogtertjies staan in die pad van haar verhouding met haar man en daarom het sy hulle “metodies en doelgerig” vermoor. Die staat het tydens die vyfde dag van die verhoor van Dickason, wat teregstaan op die moord van haar drie kinders, aangevoer die ontleding van selfoonboodskappe wat Dickason vir etlike jare gestuur het, staaf hul argument. Die New Zealand Herhald berig Dickason was ‘n woedende en gefrustreerde vrou wat jaloers op haar man se verhouding met sy dogters was. ‘n Speurder het meer as 330 000 boodskappe sedert 2016 tussen Dickason, haar man, familie en vriende aan die hof begin voorlees. In van die boodskappe is Dickason gefrustreerd oor haar kinders se gedrag en in van die booskappe was sy opgewonde om na Nieu-Seeland te emigreer. Sy het ook gesê hoe sy haar kinders wil seermaak. In een van die boodskappe het sy gesê sy het so hard op die kinders geskree dat almal begin huil het en bang vir haar is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×