Thoko Didiza, speaker van die Nasionale Vergadering, sê daar is geen grondwetlike voorskrif dat ‘n lid van die parlement aan sekere vereistes moet voldoen om in die regtelike dienskommissie te dien nie. Didiza reageer op Freedom Under Law se voorneme van regsoptrede om John Hlope uit die RDK te laat verwyder.
Hlope, MK-partyleier in die parlement, en voormalige regterpresident van die Wes-Kaap, is vroeër deur die einste kommissie aan wangedrag skuldig bevind, en is later as regter onthef. Hlope is destyds daarvan beskuldig dat hy twee regters van die Grondwethof wou beïnvloed met betrekking tot die korrupsiesaak teen oudpresident Jacob Zuma.