Die regering is geesdriftig, om met ywer op die suksesse van sy grondhervormingsproses voort te bou.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê ʼn studie bied wetenskaplike bewyse dat grondhervorming in Suid-Afrika die gewenste
uitwerking het. Volgens haar is dit onomwonde bewys dat die regering se grondhervormingstrategie ‘n suksesverhaal is.

Sy verwys na ‘n studie wat in 2018 gedoen is oor die sosio-ekonomiese uitwerking van grondhervorming op die begunstigdes. Didiza sê die land se grondhervormingsprogram gaan oor geregtigheid, en dat dit ook die siklus van armoede onder swart Suid-Afrikaners moet verbreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×