Die 10-jarige Neil Shaw van Bloemfontein, wie verlede Saterdag na ‘n hartstilstand in die hospitaal opgeneem is, het Saterdagmiddag gesterf.
Neil se ma, Lerie, het die hartverskeurende nuus in ‘n stemboodskap op sosialemedia gedeel. Dis met ‘n swaar hart, sê sy dat sy moet deel hulle “liefste, liefste, liefste, liefste Neil Henry Shaw is nie meer met ons is nie”.
Lerie en Neil se pa, Willie het hulle seun na die Emoyamed-hospitaal gehaas. Met aankoms het Neil geen polsslag gehad nie. Die mediese span kon egter daarin slaag om sy hart weer te laat klop. Die graad 4-leerling aan die Willem Postma Primêr is later na die hoësorgeenheid by Mediclinic oorgeplaas, waar hy Woensdag ‘n pasaangeër ontvang het.
Vrydag nog is daar berig dit gaan beter met Neil. Hy word oorleef deur sy ouers en drie boeties, Liam, Hein en Henry.