Dit gaan na verwagting maande neem vir die land se reeds-geknakte ekonomie om van die onlangse staking by Transnet te herstel.

Volgens die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vragversendings het die 11 dae lange staking, wat op 6 Oktober begin het, veroorsaak dat Suid-Afrika die geleentheid verloor het om tot soveel as R65,3 miljard se goedere te verskuif.

Rosestad-nuus het vroeër vandeesweek berig Transnet het Maandag daarin geslaag om ʼn drie-jaar loonooreenkoms met die vakbond UNTU te bereik.

SATAWU was egter ontstoke dat UNTU so vinnig ‘n ooreenkoms met Transnet bereik het, en het beloof om aan te hou staak.

SATAWU het egter sedertdien ook sy staking beëindig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×