‘n Graad 11-hokkiespeler van Eunice Hoërskool vir Meisies in Bloemfontein sterk goed aan na sy verlede week vermoedelik ‘n beroerte tydens oefening gehad het.

Volksblad berig Bianca Rees-Gibbs het Sondag weer begin loop en praat, nadat die beroerte haar spraak aangetas het en die regterkant van haar liggaam verswak het.

Volgens haar pa, het Reese-Gibbs tydens ‘n hokkie-oefening begin sleg voel en het sy gesukkel om haar hokkiestok op te tel.

Sy is in Life Rosepark-hospitaal vir ‘n bloedklont behandel. Rees-Gibbs is vroeër vanjaar as die beste speller by die St Mary’s-hokkietoernooi in Johannesburg aangewys en volgens haar pa is hulle baie dankbaar vir die afrigters, May-Louise Stassen en Jo-nelke Swanepoel, se vinnige optrede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×