Die 17-jarige Matthew Sates se pad na die Olimpiese Spele raak net gladder en gladder

Die 17-jarige Matthew Sates se pad na die Olimpiese Spele raak net gladder en gladder.

Die Pietermaritzburgse tiener het nie net die Olimpiese kwalifiseringstyd in die 100 meter-vlinderslag Vrydag oortref nie, maar ook ‘n groot hap van sy eie persoonlike beste tyd in die 200 meter-individuele wisselslag gesny.

Sates het boonop aan die begin van die naweek kans gekry om in ‘n tydtoets te probeer kwalifiseer in die 100 meter-vlinderslag en het die derde Suid-Afrikaner geword wat daarin die vereiste oortref, na Chad le Clos en Ethan du Preez .

Hy het ‘n tyd van 51.83 sekondes opgestel – 0.3 sekondes binne die vereiste kwalifiserende tyd.

Luister na potgooie hieronder