Die 2021-skoolkalender bied leerlinge slegs 19 skoolvakansie dae

Volgens die jongste skoolkalender wat vanoggend deur die Departement van Basisie Onderwys bekend gemaak is, sal daar slegs 19 skoolvakansie dae in die 2021 akademiese jaar wees.

Volgens die kalender is daar ‘n week vakansie in April, twee weke in Julie en weer ‘n week in Oktober.

Leerlinge sal op 15 Februarie terugkeer skool toe en die eerste kwartaal sal duur tot 23 April.

Die tweede kwartaal sal in aanvang neem op die 3de Mei en sal duur tot 9 Julie.

Na twee weke van winter vakansie sal die derde kwartaal op 26 Julie begin en strek tot 1 Oktober.

Die laaste kwartaal vir 2021 sal wees van 11 Oktober tot 15 Desember.

Volgens Netwerk24 is dit dieselfde kalender wat vroeër aan onderwysvakbonde voorgelê is en waarteen daar kapsie gemaak is.

Luister na potgooie hieronder