Die 2021-uitgawe van die Kaapstadse fietstoer sal nie in die gewone Maart-slot plaasvind nie

Die 2021-uitgawe van die Kaapstadse fietstoer sal nie in die gewone Maart-slot plaasvind nie, maar is uitgestel tot later in die jaar.
Die veiligheid van alle deelnemers en die welstand van die breër gemeenskap is die wedlooporganiseerders se belangrikste prioriteit in die beplanning en uitvoering van die Kaapstad-fietstoer.
Die Cape Town Cycle Tour Trust het dus besluit om die aanbieding van die 2021-uitgawe van die geleentheid tot ‘n later datum in die jaar uit te stel.
‘n Nuwe datum is egter nog nie bekend nie.

Luister na potgooie hieronder