Die 24-jarige Lloyd Harris het vir die eerste keer in ‘n Grand Slam toernooi die 4de ronde gehaal

Die 24-jarige Lloyd Harris het vir die eerste keer in ‘n Grand Slam toernooi die 4de ronde gehaal toe hy die Kanadees Denis Shapovalov in drie stelle met 6 – 4 , 6 – 4 en 6 – 4 uitgeskakel het.

Die 7de-gekeurde Shapovalov en nommer 10 speler in die wêreld het nie antwoorde gehad vir die Suid-Afrikaner se kragspel nie.

Harris het Shapovalov se afslaan 5 keer gebreek om die wedstryd in 2 uur en 12 minute te beklink.

Lloyd se volgende opponent is die Amerikaner Reilly Opelka wat self bekend is vir sy giftige afslane en kragspel vanaf die agterbaan.

Luister na potgooie hieronder