Reddingswerkers in Indië het vanoggend deur rots begin boor om die 41 konstruksiewerkers te bevry wat reeds reeds 17 dae lank vasgekeer is, nadat ‘n tonnel in die Himalayas ingekalwe het.

Reuters meld ‘n pyp met ‘n deursneë van 90 sentimeter moet deur die puin gedruk word, sodat reddingspersoneel die werkers een vir een deur die pyp na veiligheid kan bring.

Ambulanse staan gereed om die konstruksiewerkers na ‘n hospitaal, ongeveer 30 kilometer van die ramptoneel, te vervoer.

Indiese owerhede het nog nie die oorsaak van die ineenstorting wat op 12 November plaasgevind het, bekend gemaak nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×