Andries Vrey, voormalige hoof van Aardklop en gewese DA-raadslid van Parys in die Vrystaat is gisteroggend op die ouderdom van 45, vermoedelik aan ‘n hartaanval, dood.

Netwerk24 berig Vrey se suster, Anet, by wie hy die afgelope jaar in Centurion gewoon het, het die hartseer nuus op Facebook gedeel.

Volgens haar het Vrey onwetend ‘n ongelooflike impak op baie mense se lewens gehad.

Saal de Jager, DA-raadslid in Parys, het Vrey as ‘n uiters bekwame mens beskryf en het gesê die nuus kom as ‘n geweldige skok.

Hy het namens die DA sy meegevoel met Vrey se familie betuig.

Vrey word oorleef deur sy suster, sy gewese vrou, Dorné en hul twee seuns.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×