Die implementering van ‘n 45%-tarief op die invoer van klereprodukte na Suid-Afrika is tot verdere kennisgewing op ys gesit.
Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet die beslastingskuiwergate, wat deur ondermeer Temu en Shein glo uitgebuit word, eers aangespreek word.
LEES MEER: EU bevraag Shein en Temu oor hul verbruikersbeskerming
My Broadband berig die SAID-kommissaris, Edward Kieswetter, het onlangs onthul dat die invoerskuiwergate fiskale verliese van sowat R3,5 miljard tot gevolg gehad het – maar die Chinese e-handelreuse ontken die aantygings.
LEES MEER: Besighede verwelkom verhoging in belasting vir Chinese kleinhandelaars
Volgens Kieswetter het Suid-Afrikaaners se inkopiegewoontes die afgelope paar jaar aansienlik verander, en is die SAID is besig om sy prosesse te moderniseer. Hy voeg by dat, alhoewel plaaslike kleinhandelaars beweer het dat Shein en Temu ‘n de minimis-reël uitgebuit het, is dit nie akkuraat nie.