Die Oekraïnse president, Wolodimir Zelenski, sal nié môre ‘n videoboodskap gedurende die finale ronde van die 67ste jaarlikse Eurovision-sangkompetisie lewer nie.
Liverpool bied vanjaar se kompetisie aan, nadat Brittanje ingestem het om dié liedjiekompetisie, wat eintlik in die oorloggeteisterde Oekraïne sou plaasvind, by hom te hou.
Volgens die organiseerders sluit die program wél ‘n spesiale huldeblyk aan Oekraïne in.