Indien daar waarheid steek in bekentenisse aan die Wes-Kaapse speurdiens,is die vermiste 6-jarige Joslin Smith vir 20-duisend rand as moetie verkoop. Dit is onduidelik of Joslin lewend was toe die twee verdagtes glo aan ‘n derde man verkoop het.

Joslin se ma, Kelly Smith, het haar dogtertjie net meer as twee weke gelede by owerhede in Saldanha, as vermis aangemeld. Klein Joslin was nêrens te vind toe haar ma daardie dag van die werk af by die huis aankom nie. Die polisie verwag om nog verdagtes in verband met die vermeende ontvoering in hegtenis te neem.

Intussen is daar heftige reaksies oor vals nuus op sosialemedia, waarvolgens owerhede op Joslin se liggaam afgekom het. William Bird, die direkteur van Media Monitoring Africa, het aan Daily Maverick gesê dit is ontstellend dat mense vals berigte oor ‘n vermiste kind op sulke platvorms plaas.

Afgesien van die realiteit dat dit misleidend is en verkeerde inligting behels, is die daad totaal harteloos. Hy sê hy sidder om te dink hoe geliefdes van ‘n kind wat vermis word moet voel wanneer hulle sulke valse inligting op sosialemedia ontdek.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!