Die 8-jarige tierwyfie, Sheba, wat sedert Saterdagaand in die verre suide van Johannesburg op vrye voet is, is gisteraand naby ‘n watergat in die Walker’s Fruit Farms-omgewing, naby Midvaal, gesien.

Sy is later ook by haar huis opgemerk, toe sy die vleis wat vir haar gelos is, gegryp het.

Intussen hoop haar eienaar dat sy lewend gevind sal word en dat sy nie nog mense of diere sal aanval nie.

Sedert haar ontsnapping het Sheba ‘n 39-jarige man, ‘n vark en twee honde aangeval.

Albei honde moes ongelukkig van kant gemaak word.

Die man wat deur die tier aangeval is sal na verwagting ten volle herstel.

Sheba se eienaar het gesê sy bly ‘n wilde en dat mense haar nie moet konfronteer nie.

Die Dierebeskermingsvereniging, of DBV, van Vereeniging en Vanderbijlpark staan reg met ‘n helikopter, ‘n veearts en ‘n geweer wat verdowingspyltjies skiet.

Mense wat haar sien word gevra om asseblife onmiddellik die DBV ontbied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×