Die 85-jarige Gert Bruhns wat in die Bloemfonteinse landdroshof sou verskyn vir die moord op sy 56-jarige seun, Erich, is oorlede.

Dit na hy onderweg na die hof buite die hofselle inmekaar gesak het.

Volgens The Citizen sou sy borgaansoek Dinsdagoggend by dié hof gehoor word.

Polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli, het bevestig dat die klag van strafbare manslag teen Gert na een van moord verander is na die dood van sy seun.

Erich was ‘n sakeman van Bainsvlei en is voorverlede Saterdag in die Pelenomi-hospitaal met ‘n skietwond opgeneem. Hy is egter twee dae later oorlede.

Gert is kort na die skietvoorval, by die Bruhns-huis in Midhurts Avenue, in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!