Die AA sê hy verwelkom die publikasie van die hersiening van die brandstofprysstruktuur deur twee senior ekonome by die Suid-Afrikaanse
Reserwebank.

Data wat deur ekonome saamgestel is, toon dat sleutelkomponente van die brandstofprys die laaste aantal jare bo inflasie gestyg het.

Die kleinhandelmarge, Padongelukkefondsheffing en vervoerkostekomponente het met onderskeidelik 40%, 44% en 49% oor die 10 jaar tot November verlede jaar toegeneem.

Die AA se Layton Beard sê die bevindinge van die oorsig weerspieël baie van die vereniging se standpunte oor die brandstofprysstruktuur.

Intussen, gaan diesel volgende week die grootse prysstyging nog hê wanneer dit met R2,85 per liter die hoogte inskiet.

Petrol styg met R1,65 per liter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×