Die land se mediese laboratoriumdiens kon daarin slaag om dele van sy aanlynstelsel weer in werking te stel. Dit volg nadat die nasionale laboratoriumdiens se werksaamhede onlangs deur ‘n reuse kuberaanval aan bande gelê is.
Dienste wat reeds weer aanlyn is sluit die registrasieproses in, asook die verwerking van data en die lewering van verslae. Mzi Gcukumana van die laboratoriumdiens sê die stelsel-herbou en -opgradering behels ook bykomende sekuriteitsmeganismes