Die aansoek om Mango-sakeredding dien more in die hof

Vakbonde se dringende aansoek om sakeredding vir Mango, sal môre voor die hooggeregshof in Johannesburg dien.

Volgens Netwerk 24 volg dit nadat die Mango-direksie verlede week ‘n besluit van April vanjaar wou laat herlééf, deur
Mango in vrywíllige sakeredding te plaas.

Die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom, die CIPC, steun die vakbonde se siening oor die ongeldigheid
van verlede week se besluit.

Die vakbonde bespiegel tans oor die moontlikheid dat die SAL, Mango se beheerliggaam, poog om die dringende aansoek vir sakeredding tersyde te stel, sodat die nuwe laekostelugdiens, Lift, die gaping kan vul.

Lift hervat sy vlugte, na die reisinperkings, vandeesmaand.

Luister na potgooie hieronder