Die aansoek van die DA teen Busisiwe Mkhwebane vandag in die Appèlhof in Bloemfontein

 Die aansoek van die DA teen Busisiwe Mkhwebane vandag in die Appèlhof in Bloemfontein

Die regstryd tussen die DA en die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sal vandag in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.

Die saak hou verband met Mkhwebane se werk by die Staatsveiligheidsagentskap, nadat sy uit China
teruggekeer het.

In die aansoek vra die DA dat die hof Mkhwebane dwing om sekere dokumente bekend te maak.

Luidens die aansoek wil die DA Mkhwebane se aansoek vir die pos as ontleder by die Staatsveiligheidsagentskap, asook haar bevestiging dat sy die pos aanvaar het onder oë kry.

Volgens die DA sal die dokumente help bepaal of sy ooit as spioen gewerk het.

Mkhwebane het egter die DA daarvan beskuldig dat hulle onwaarhede oor haar verkondig.

LeandreAdmin@