Die aanstelling van senior bestuurders by staatsondernemings kan nie meer net aan politici oorgelaat word nie. Dit is een van die bevindings wat uitgelig is in die tweede gedeelte van die verslag van die kommissie van ondersoek na staatskaping, wat vanmiddag bekend gestel is. Die gedeelte van die verslag fokus op staatskaping by Transnet en Denel. Die voorsitter van die kommissie, Raymond Zondo sê politici het daarin misluk om mense met integriteit in bestuursposte by die ondernemings aan te stel. Die verslag beveel aan dat stappe gedoen word teen sommige direkteure by Denel. Dit beveel ook aan dat ‘n liggaam gestig word met die doel om die regte mense vir hoë poste in staatsondernemings op te spoor, te werf en aan te stel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×