Die aantal mense in Suid-Afrika wat aan Covid-19 sterf, bly betreklik laag

Die aantal mense in Suid-Afrika wat aan Covid-19 sterf, bly betreklik laag, maar meer nuwe gevalle is gister aangemeld.

Volgens die Departement van Gesondheid is 67 mense gister dood – 37 in KwaZulu-Natal, elf in Gauteng, nege in die Wes-Kaap, sewe uit die Vrystaat en drie uit die Oos-Kaap.

Die kumulatiewe aantal sterftes staan op 16 734.

1 767 nuwe gevalle is aangeteken, wat die totaal tot 674 339 laat styg.

In teenstelling met die 19 291 pasiënte wat in Gauteng behandel word, het Limpopo op die oomblik slegs 694 pasiënte.

Luister na potgooie hieronder