Die aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, het in sy Paasboodskap by die St George-katedraal gesê die land is nie net vernietig deur korrupsie nie, maar landsburgers ly ook weens die nagevolge van wanbestuur. Daarom is verkiesingsdag op 29 Mei die belangrikste dag waarop Suid-Afrikaners ‘n besluit sal moet neem.
Makgoba het gesê hy het met verskeie leiers in die gemeenskap gesels, insluitende sakelui, onderwys, die media, nie-regeringsorganisasies, godsdiens en sport. Almal se vertroue in politici het gedaal en daar is ‘n diep angs dat geen party die land uit die moeras kan lei nie. Makgoba het gesê die verrotting het van bo versprei tot op provinsiale en munisipale vlak. Hy het gesê 30-jaar van vryheid het die mees ongelyke gemeenskap in die wêreld geskep.