Die ACDP het aangesluit by die saak tussen Afriforum, die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Owerheid en die Departement van Gesondheid

Die ACDP het aangesluit by die saak tussen Afriforum, die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Owerheid en die Departement van Gesondheid oor Ivermektien.

Die saak is gevolglik vanoggend in die Hooggeregshof in Pretoria uitgestel.

Dit is om die onderskeie partye die geleentheid te gee om die waarnemende adjunk regterpresident te nader vir ‘n nuwe hofdatum.

Afriforum het in ‘n dringende aansoek die hof gevra om SAHPRA te verplig om die gebruik van Ivermektien vir die behandeling van Covid 19 goed te keur.

Die beheerliggaam het wel verlede week die beheerde gebruik van ivermektien goedgekeur.

Luister na potgooie hieronder