Hoewel die African Christian Democratic Party, of ACDP, aanvanklik ‘n uitnodiging van die hand gewys het om by ‘n veelparty-koalisie aan te sluit, het hy nou van plan verander.
Netwerk24 berig die Veelpartyhandves, wat as die sogenaamde Moonshot-pakt begin is, bestaan dus nou uit altesaam 8 politieke partye.
Die ACDP het ná talle gesprekke besluit om deel van die handves te word.
Eerwaarde Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, sal hom eersdaags by die ander koalisie-partyleiers aansluit, op ’n reis na Duitsland om meer inligting oor koalisievorming en -regering te bekom.