Die ACDP sê die bevordering van LGBTQIA+ -regte moet nie die regte van ander individue ondermyn nie. Die leier van die party, Kenneth Meshoe, het afgevaardigdes by Woensdag se staatsrede-debat toegespreek.
Meshoe sê mense moet steeds hul grondwetlike reg behou om verskillende sienings en opinies te huldig ondanks die verbintenis om alle vorme van vooroordeel te bekamp. Hy sê jong leiers en studente behoort nie oor LGBTQIA+-regte by die skool geïndoktrineer te word as hulle verskillende godsdiensoortuigings het nie.