Die ad hoc-komitee wat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet ondersoek, se sperdatum uitgestel

Die Nasionale Vergadering het die ad hoc-komitee wat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet ondersoek, se sperdatum uitgestel sodat die komitee sy werk kan afhandel.

Dié komitee het vroeër die week ‘n versoek vir ‘n verlenging van 30 dae ingedien, nadat hy aanvanklik sy werk teen middernag Maandag moes afhandel.

Dié komitee moet die wetgewing wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Volgens die voorsitter van die komitee van voorsitters, Cedric Frolick bly die komitee se verwysingsraamwerk dieselfde.

Hy sê die komitee sal ‘n verslag moet gereed hê wanneer parlementslede in Augustus na ‘n reses terugkeer.

Luister na potgooie hieronder