Die adjunk-minister van polisie, Cassel Mathale, sê hy is vol vertroue dat die polisie wel die moordenaars van die burgemeester van die Collins Chabane plaaslike munisipaliteit in Limpopo sal opspoor. Dit volg nadat die polisiebestuur ‘n 72-uur-aktiveringsplan ingestel het ná die moord op Moses Maluleke Donderdagaand tydens ‘n beweerde rooftog by sy huis in Tshikundu. Maluleke se 18-jarige seun is in die voorval gewond. Mathale het Maluleke se familie besoek. Die 56-jarige Maluleke was ook die ANC se adjunk-voorsitter in die Vhembe-streek. Mathale sê die nuus oor die moord op Maluleke was ‘n groot skok.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×