Die adjunk-minister van sport, Nocawe Mafu, het dit gister duidelik gemaak tydens ‘n vraag en antwoord sessie in die parlement, die Springbok-embleem gaan vir eers nêrens nie. Mafu, wat virtueel uit Indië gepraat het waar sy die Protea krieketspan ondersteun, het gesê Suid-Afrikaners het gewys hulle is gemaklik en gelukkig met die Springbok-embleem. Dit was in antwoord op ‘n vraag van die EFF-LP Eugene Mthethwa, wat wou weet of die regering enige plan het om die embleem te vervang. Die EFF verwerp die embleem en kleure van die Springbok rugbyspan omdat dit aan apartheid herinner. Mafu het gesê as die regering praat van nasiebou, is dit alle Suid-Afrikaners, wit en swart. As die meeste Suid-Afrikaners na vore kom en sê hulle wil nie die Springbok-embleem hê nie, sal ‘n proses gevolg word. Tsepo Mhlongo, DA-LP, het gesê die Springbokke is rolmodelle vir die land en omdat dit vry gebly het van ANC inmenging.