Die Adjunk-president David Mabuza het gister op sy broer Jeff se roudiens in Steelpoort op die grens tussen Limpopo en Mpumalanga aangekondig dat hy bedank. Mabuza se broer is die afgelope week in ‘n vliegongeluk dood. Mabuza is verlede jaar op die ANC se verkiesingskonferensie uit sy posisie as adjunk-president van die party gestem en is deur Paul Mashatile vervang. Hy het die afgelope tyd nié enige van die ANC se byeenkomste van die Nasionale Uitvoerende Komitee of die Kabinet bygewoon nie.
