Die adjunk-president van Suid-Afrika, David Mabuza, is vandag in Bloemfontein met die motief om glo met militêre veterane te vergader. Die vergadering sal na wat verneem word by die Bloemspruit-lugmagbasis gehou word en nagenoeg 600 veterane word hier verwag. Dit blyk dat hulle eers by die Tempe-militêrebasis byeen sal kom, en hierna met busse onder weermagbegeleiding na Bloemspruit vervoer gaan word. Mabuza en sy afvaardiging is gister reeds in die stad gesien toe hulle teen hoë snelhede onder militêre polisiebegeleiding en met flitsende blou ligte, die stad deurkruis het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×