Die vordering van die Vrystaatse S’hamba Sonke padinstandhoudingsprogram, sal na verwagting vandag ge-evalueer word.

Die program is ‘n insiatief van die nasionale departement van vervoer, en is dertien jaar terug gestig om verskeie kritieke kwessies oor padinstandhouding en infrastruktuur aan te spreek. Die besoek sal na verwagting aan die Adjunkminister insig en ‘n breër agtergrond gee in die bepaling van die toestand van die pronvinsie se paaie. Besondere klem sal geplaas word op paaie wat deur befondsing van die Provinsiale Paaie-instandhoudingstoelae, instand gehou word.

Die Adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa sal met die waarnemende Vrystaatse Premier en LUR vir Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, asook ander pad- en vervoerbelanghebbendes vergader.  Die eerste vergadering sal by die Vrystaatse Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×