Die adjunkminister van vervoer, Mkhuleko Hlengwa het Mangaung Metro besoek om ‘n vorderingsverslag oor die Stad se Geïntegreerde Openbare Netwerk Vervoer, Hauweng, saam te stel. Dit nadat Fase 1C amper 5 maande terug in werking gestel is.

Die toesigbesoek het met ‘n inligtingsessie afgeskop, en is deur ‘n rit met die Hauweng-bus van die Stad se hoofkwartier by die Bram Fischer-gebou na Tempe gevolg. Volgens Hlengwa sal daar sleutelgesprekke met die munisipaliteit gevoer moet word om te verseker dat Hauweng sy doelwitte bereik.

Hy voeg by dat dit die departement se doel is om die munisipaliteit in staat te stel om sy Geïntegreerde openbare vervoernetwerk-doelwitte te bereik, sodat Mangaung toegang tot veilige, betroubare en bekostigbare vervoer het.

Lid van die Burgemeesterskomitee verantwoordelik vir Openbare Veiligheid en Sekuriteit, LUR Sibongile Tsoleli, het gesê dat Fase 1C uitdagings in die gesig staar, maar dat dit ook ‘n leerkurwe is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×